top of page

Wie is ons?

Sustainability Report Website in Green Orange Beige Photo-Video Centric Style (3).jpg

Baie mense kan dalk dink dat Fynbos ontstaan het oor `n ongelukkigheid, maar Fynbos het ontstaan oor `n frustrasie. `n Frustrasie waar mense jou wil voorskryf hoe om God te dien. `n Frustrasie dat hoe meer jy die Here wil dien, hoe meer word jy beperk deur menslike instellings. `n Frustrasie waar daar van jou verwag word om te volstaan met wat jy het, terwyl ons soveel meer soek. `n Frustrasie waar daar van jou verwag word om net te oorleef terwyl ons vir God wil leef.

Wat verwag ons van jou?

  1. Om die Here te dien met jou hele hart, siel en gees.

  2. Om Sondae na God se Woord te luister wat vandag nog tot ons praat.

  3. Om uit te gaan en die verskil te wees,

preach

Kom net soos jy is!

Hier gaan ons jou nie oordeel nie. Ons gaan nie kettings om jou nek hang nie. Jy is welkom net soos jy is en soos God jou gemaak het. Kom gemaklik en los jou das by die huis.

`n Nuwe kerk plant 

Ons is `n nuwe kerk plant in George. Ons het `n groot liefde vir God en vir ons stad George. Ons nooi jou uit om te ontspan, die masker af te haal en saam met ons die liefde van Jesus te ontdek in God se Woord.

Wat maak Fynbos uniek?

Ons is `n onafhanklike Afrikaanse kerk met gereformeerde beginsels. Ons probeer almal akkommodeer (klein en groot), want dis vir ons belangrik dat elkeen in sy persoonlike verhouding met Jesus verdiep. `n Leraar het eendag mooi gesê: Ons wil net gehoorsaam wees.

family

Families is vir ons belangrik

Ons het natuurlik elkeen ons eie families, maar in Fynbos kry jy nog een by. Dis `n geloofsfamilie! Ons is nie net mense wat elkeen op ons eie stoele sit, besig met ons eie ding nie. Ons is mense wat vir mekaar omgee en lief is. Hierdie warmte kan ek jou waarborg.

Waarvoor wag jy? Kom loer in en kom raak deel van hierdie besonderse geloofsfamilie! Ons kan nie wag om jou te ontmoet nie!

Fynbos kerk

Fynbos Kerk

Kontak my gerus vir nog enige navrae

Hano Jones 082 515 9730

youtube

Volg ons op:

Facebook

© 2035 by Autono. Powered and secured by Wix

bottom of page