

Hoe kan ek betrokke raak?
Daar is verskillende maniere om betrokke te raak. Die eerste manier is seker die ooglopendste en dis om te kom inloer. Kom kuier en kom drink `n warm koffie, of 2, saam met ons. Ons sal jou graag beter wil leer ken en wie weet, dalk voel jy so tuis dat jy deel van die familie word.


Die 2de manier is om vir ons te bid. Dit klink so eenvoudig, maar gebed dra baie krag. Jesus het self gesê dat die oes groot is en die arbeiders min.
Deur saam te bid vir die arbeiders is jy ook besig om jou deel vir God se koninkryk te doen!


Die 3de manier is `n meer indirekte manier, maar moenie `n fout maak nie,
die impak is nogsteeds groot.
Dis `n finansiële bydrae wat ons in staat stel om `n verskil in baie mense se lewens te maak.
Fondse vir die koninkryk is bedoel vir koninkrykswerk!
FNB Gold Business Account
Fynbos Kerk NPC
Takkode: 250069
Rekening nommer: 631 976 64634