top of page

Preke

Hier gaan jy elke Sondag se diens opspoor. Ons poog daarna om die Bybel in vandag se woorde oor te dra. God praat egter deur sy woord en daar is `n boodskap vir ons elkeen in ons moderne bestaan in die 2000's.

1.jpg

Eers morsdood en toe verander alles...

Ons kan maklik in `n plek beland waar alles hopeloos voel en onmoontlik. Dalk is jy daar in jou huwelik of jou werk of sekere omstandighede. Vir God is niks onmoontlik nie, vra maar vir Esegië 37:1-14 wat dit met sy eie oë sien hoe God duisende mense terug bring uit die dood! Vir God is niks onmoontlik nie, ook nie jou omstandighede nie!

2 November 2025

Ja... en toe spat die klei!

Ons beland maklik in `n plek waar ons wil begin oorneem en God se hande oor ons lewe wegdruk. Jeremia 18:1-17 leer ons dat nie sonder gevolge is nie. Ons moet God vertrou en weet dat Hy alles in ons lewe gebruik vir ons vorming. Die Pottebakker weet wat Hy met die klei doen!

26 Oktober 2025

1.jpg
1.jpg

God is goed wanneer dit goed en sleg gaan!

Psalm 119:65-72 kan dit nie duideliker stel nie. God is altyd goed! Ek weet dis moeilik wanneer `n mens na jou omstandighede kyk en dan voel of God se goedheid weggeraak het. God is in sy Wese goed. Dis wie Hy is! Moenie na jou omstandighede kyk en dit probeer vas stel nie, eendag kyk jy terug en sien God se goedheid in die storm raak!

19 Oktober 2025

Ek het ... wysheid ... nodig!

Salomo soek sy hele lewe na dit wat `n mens se lewe mening gee. Hy soek na die doel van die lewe. Na 40 jaar se soek sê hy in Prediker 12:9-14 dat wysheid die geheim van die lewe is. Wysheid word altyd verbind aan `n lewende verhouding met Jesus. Wysheid is wat Zain ook nodig het en gaan kry vir die res van sy lewe veral na vandag se doop! Trots op jou!

12 Oktober 2025

1.jpg

My vrae is meer as my antwoorde!

Dit gebeur sommer maklik en dis geen waarborg omdat jy `n Christen is dat jou pad geteer gaan wees en altyd gelyk nie. Hoe hanteer ek dit? 1 Samuel 1:1-20 leer ons dat ons soos Hanna deur die vraagtekens God moet vertrou. God is altyd goed, al voel en lyk dit nie in die omstandighede so nie.

5 Oktober 2025

1.jpg
Light Green Simple Light Real Estate Bio-Link Website.jpg

Jy is nie gemaak om teen `n muur te hang nie!

Met die bekendste Kunstenaar nog ooit kan daar mos net `n meesterstuk kom. Volgens Psalm 139:1-24 is ons daai meesterstukke. Ons is deur die bekendste Kunstenaar gemaak, skaars (net 1 van elkeen) en ons kos ongelooflik duur, Jesus se lewe. Tel jou kop op, jy is `n masterpiece!

28 September 2025

Jy kan nie op `n leë tenk ry nie!

Dankie, dankie, dankie Here! `n Wonderwerk! Ons mikpunt was `n 100 mense en ons getuig van meer as dit. God is groot en goed. Mense moenie die lewe op `n leë tank aanvat soos Elia in 1 Konings 19:1-18 nie. Moet ook nie alleen dit probeer doen nie. Kry by Jesus `n voltank en met baie mense wat omgee wat ons die lewe aan!

21 September 2025

1.jpg
Copy of Director Portfolio Portfolio Website in Black and White Grey Minimalist  Style.jpg

Daai 2 of 3 is al wat Ek nodig het!

Dis so maklik om saam met die stroom te swem of in hierdie geval in Jesaja 17:1-14 soos die ander olywe te val. Maar ons moet hardkoppige olywe wees wat vir Jesus vas staan in geloof. Dis wanneer ons vasstaan, en alhoewel min is teen die ander, dat God nogsteeds massiewe dinge deur ons doen!

14 September 2025

God wil hê jy moet jouself wees?

Selfbeeld... Partymaal bo die wolke en ander kere voel ons weer soos `n mislukking. Genesis 1:26-31 leer ons dat na die sondeval het ons selfbeeld ook geval en ons probeer deur dinge van buite om onsself van binne te lig. Sien jou net soos God jou sien, deur Sy oë en jou selfbeeld sal wees waar dit moet wees. God wil hê jy moet jouself wees.

7 September 2025

Copy of Photography Portfolio Website in Light Grey  White  Light Experimental Style (1).j
Photography Portfolio Website in Pastel Purple  Black  Colored Classic Minimal Style.jpg

Moenie oor die krans loer nie!

Egbreek begin in die gedagtes, dan woorde en later uitnodigings. Om oor die krans te loer is dodelik en die gevolge is vreeslik. 2 Samuel 11:1-27 leer ons uit Dawid se foute uit. Bly weg van die krans en wees lief vir jou vrou!

31 Augustus 2025

Bly onder die sambreel!

Koning Saul het God eenkant gestoot en ek weet volgens 1 Samuel 13:1-15 dat ons maklik staan en vingers wys. Maar hoe maklik neem die `eie` ek nie oor nie en God word eenkant gestoot. Die groot geheim is bly onder die sambreel, bly onder God en jy word beskerm van baie dinge!

24 Augustus 2025

Creative Credentials Website (2).jpg
Green Organic Warm Fitness Bio-Link Website.jpg

God gee my die krag vir net nog een!

Ek is jammer oor die kamera kwaliteit... Ek sien die kamera was bietjie vuil. Sal volgende Sondag reg wees, belowe... Hoe sê hulle bietjie is baie as jy niks het nie. Wel vandag loer ons na Rigters 2:6-23 en sien dat ons as Fynbos `n massiewe verantwoordelikheid het. As ons nie ons verantwoordelikheid op tel nie, ly die volgende generasie daar onder!

17 Augustus 2025

Ek het iets gekry wat ek nie verdien nie!

Dis verseker een van my gunsteling verhale. Klein Dawid teen massiewe Goliat. Ons weet natuurlik volgens 1 Samuel 17:1-54 dat God eintlik agter die oorwinning staan. Dis fantastiese nuus, want dit beteken dat ek ook my reuse kan aanvat met God in my hart. Hier is vir jou 5 klippe hoe...

10 Augustus 2025

Newsletter (Long) Internal Communication Website in Black and Peach Simple Dark Style.jpg
Consumer behavior Website in Dark Green Neon Green Market Insights Style.jpg

5 Klippe vir jou reus!

Dis verseker een van my gunsteling verhale. Klein Dawid teen massiewe Goliat. Ons weet natuurlik volgens 1 Samuel 17:1-54 dat God eintlik agter die oorwinning staan. Dis fantastiese nuus, want dit beteken dat ek ook my reuse kan aanvat met God in my hart. Hier is vir jou 5 klippe hoe...

3 Augustus 2025

Sodra jy Jesus plus kom daar baie minusse!

300+1 en dis al wat Gideon nodig gehad het om 135 000 Midianiete te verslaan. Volgens Rigters 6:1-17 is dit so duidelik, sodra jy God plus verander alles. Saam met daardie plus kom daar ook heelwat minusse wat ons nie gaan kry nie. Alle eer aan die Here vir daardie minusse!

27 Julie 2025

Conference Event Website in Green Photographic Style (1).jpg
Gebed

Bid hierdie 30 woorde!

Ek glo dis seker een van die gebede wat die maklikste verkeerd verstaan word. Jabes se gebed in 1 Kronieke 4: 9 en 10. Klink baie soos `n vandag se tipe gebed met `n lys van `n klomp wil hê dinge. Maar wanneer jy die gebed reg verstaan dan stel ek voor gebruik dit, bid dit en bedoel dit! Dis `n kragtige gebed!

20 Julie 2025

God sal voorsien!

Dit kos geloof! In die krisis, in die probleem, in die uitdaging om te kan sê: God sal voorsien. Wel volgens Genesis 22:1-19 het Abraham daaraan vas geglo. God sal voorsien en God het voorsien. Ek glo jy kan self daarvan getuig in jou lewe!

13 Julie 2025

  • Youtube
Voorsiening
Guns

Ek het God se guns, nie partymaal nie, altyd!

Ons kyk maklik na ons omstandighede om te bepaal of ons God se guns het of nie. Volgens Genesis 39:1-23 het ons altyd God se guns, deur alles en nie partymaal nie. God gee dit omdat Hy wil en God gee sy guns met `n doel en `n rede. Dit gaan oor God se eer!

6 Julie 2025

God maak vry, maar ek kies kettings!

Ek weet baie mense kan dalk dink dat die 10 gebooie kettings om `n mens se nek is, maar volgens Eksodus 20:1-17 sê God dat Hy anders na die wette kyk. Die gedagte was nie om te bind en vas te maak nie, maar vry te maak. Ons kies egter teen God en kies eerder die kettings. Gelukkig het Jesus als kom verander en ons is weer vry!

29 Junie 2025

  • Youtube
Kettings
2 myl

Wees `n 2 myl mens!

`n Klein woordjie, maar groot betekenis. Die woord `eer`. Wat is dit? Gehoorsaamheid beteken 1 myl, eer beteken 2 myl. Volgens 1 Petrus 2:11-17 moet ons 2 myl mense wees. Doen meer as wat van jou verwag word, doen dit net omdat jy wil. Christene is nou maar net anders!

22 Junie 2025

Maar... dit was nie my skuld nie!

Elkeen ken dit.. Jou planne wat vinnig vir jou verander word. Verontwrigtings wat jou kom laag vat, terwyl jy dit nie verwag het nie. Dinge werk nie uit soos jy beplan het nie! Hoe hanteer `n mens dit? Wel 2 Korintiërs 12:1-12 leer dis nie altyd `n slegte ding nie...

15 Junie 2025

  • Youtube
nie my skuld
vergeet

Het God van my vergeet?

Vandag vier ons ons heel eerste nagmaal in Fynbos! Daar is nie `n beter plek om weg te spring as in Eksodus 12:1-28 met die begin van die pasga nie. God het nie vergeet nie?! Daarvan word ons verseker in die nagmaal. Dis onmoontlik vir God om ons te vergeet...

8 Junie 2025

Wat wil God van my hê?!

Ons almal was al by `n punt lekker frustreerd en deurmekaar omdat ons nou nie meer weet nie. Veral as dinge nie gaan soos ons beplan nie. Wel volgens Eksodus 3:1-22 soek God ons aandag, bereidwilligheid en hart!

1 Junie 2025

  • Youtube
weet nie
storms

Hoe kom ek deur my storms?

Die storms gaan kom, nie 1 per leeftyd nie. Ooh nee! Sommer gereeld. Ek weet `n mens wil graag vra `hoekom`. Maar kom ons vra eerder: `Hoe kom ons deur ons storms`? Job 1:6-22 gee vir ons die antwoord. Met geloof en vertroue!

25 Mei 2025

Welkom by ons deurmekaar familie!

Elkeen van ons kan van ongelooflike goedjies vertel in ons familie, maar elkeen het ook maar `n paar skroewe los. Weet jy wat... Dis heel normaal. Kyk na hierdie Bybelse familie in Genesis 27:1-40 en jy sal dit mooi raaksien. Vandag bevestig ons ook ons eerste ouderlinge! Hierdie manne sien kans om die ons geloofsfamilie te bedien, mag God julle toerus met alles!

18 Mei 2025

  • Youtube
familie
trek

Ek is op, ek is moeg, ek is klaar!

Ons kan met baie dinge in die lewe ophou, maar geloof is een wat ons nooit sal nie! God laat dit nie toe nie. Genesis 6:1-22 maak God dit duidelik dat wat Hy gee in genade genoeg is vir die res van ons lewe. Uithou en aanhou sal ons doen! Baie geluk aan Christo en Mardi en dankie vir die geleentheid vir ons heel eerste doop van baie in Fynbos!

11 Mei 2025

Het die deur vir ons toe gegaan?

Fynbos se eerste diens! Eintlik nog `n bos diens. Maar die opgewondenheid is groot en baie het gesê dis onmoontlik. Vir God is niks onmoontlik nie! Hier spring ons weg in Genesis 1:1-5. God het ons gemaak met `n doel en Jesus is die deur en daai deur is wawyd oop!

4 Mei 2025

  • Youtube
toe deur
Fynbos kerk

Fynbos Kerk

Kontak my gerus vir nog enige navrae

Hano Jones 082 515 9730

youtube

Volg ons op:

Facebook

© 2035 by Autono. Powered and secured by Wix

bottom of page