Preke
Hier gaan jy elke Sondag se diens opspoor. Ons poog daarna om die Bybel in vandag se woorde oor te dra. God praat egter deur sy woord en daar is `n boodskap vir ons elkeen in ons moderne bestaan in die 2000's.

Jou geheime maak jou dood!
31 Mei 2026
Depressie!?!
24 Mei 2026


6 goed wat vergifnis nie is nie!
17 Mei 2026
Hoe hanteer ek moeilike mense?
Twee goed wat na die week geen tekort van is nie, is water en moeilike mense. Ons paaie kruis orals en gereeld. Maar wat is nou die regte manier hoe om die situasie te hanteer? Wel Jesus leer ons in Lukas 6:27-36 daar is `n regte manier, maar dis ook die moeilikste manier!
10 Mei 2026


Pyn!?!
Ek dink dis iets wat ons almal ken.... pyn! Partymaal verskriklik en dit vat baie tyd. Maar hoor vandag wat Jesus vir jou sê in Johannes 11:17-44. Jesus ken jou pyn en jy is nie alleen nie. Maar die belangrikste is, dis tydelik. Daar kom `n dag wanneer pyn omdraai en jy aangaan. In die hemel is nie daar nie pyn nie, pyn bly agter!
3 Mei 2026
Hoe lyk my 5c vir God se koninkryk?
26 April 2026


Stres!?!
19 April 2026
Kyk na wat jy eet!
Paulus praat van afbrekende woorde in Efesiërs 4:25-32 wat nie uit ons monde moet kom nie. Die mond kan net verkoop wat die hart (fabriek) maak. As ons gesonde vrugte wil spreek moet ons gesonde vrugte inneem (dis wat ons hoor, sien en lees). Maak oop jou Bybel want dis waar jou gesonde vrugte lê!
12 April 2026


God se EKG!
5 April 2026
Wanneer jy jou mond oop maak is dit lewe of dood?
29 Maart 2026


Daai een sal dit nooit maak nie.
Het Johannes 3:16 enige fynskrif? Is daar `n komma of `n behalwe of `n hakkie agter die woord `elkeen`? Nee... Omdat jy vir Jesus belangrik is, is jy vir ons belangrik. Welkom by Fynbos en ons hoop dat ons jou vertroue in kerk wees weer te sal herstel!
22 Maart 2026
Ons lewe is net te vol... Ons kort spasie!
Ons lewe is net te vol! Wanneer ons kyk na Lukas 10:38-42 dan sien ons 2 verskillende lewens. Martha en Maria. Een se lewe is baie vol en dit wat oorbly is Jesus sin. Die ander het alles gelos vir Jesus. Die groot vraag is... Hoe lyk jou lewe? Staan Jesus buite? Pas Hy darem iewers in of is daar baie tyd vir Jesus?
15 Maart 2026


My maat `n oog vir `n oog,
dis mos wat die Bybel sê!
8 Maart 2026
Ons is nie gemaak om `n eiland te wees nie!
Dis verstommend hoe baie mense dink ek kan `n gelowige wees, maar ek het nie die kerk nodig nie. Moenie dieselfde fout as Simson maak in Rigters 14:10-20 deur te dink ek het niemand nodig nie. God gebruik die mense om jou baie keer om jou te red en jou krag te wees. Ezer Kinegdo! Baie baie geluk ook Ryno en Mckenzie met julle doop vandag. Ons is super opgewonde saam met julle en dankbaar oor God se genade!
1 Maart 2026


Simson: Ek het, ek kan, ek sal weer!
22 Februarie 2026
Moenie so dwars soos Simson wees nie!
15 Februarie 2026


As ek maar net geweet het!
As ek maar net geweet het! As ek dit anders kon doen, as ek die tyd kon oorkry sou ek daai en hierdie verander. Wel Handelinge 16:16-34 leer jou dat dinge loop presies soos God daaroor besluit het. Dinge gebeur met `n doel en `n rede. Hy belowe ook om met tree vir tree saam jou daardeur te gaan. So voor die klomp hoekoms losbars, vertrou en glo eerder!
8 Februarie 2026
`n Bietjie van hierdie en `n bietjie van daai!
1 Februarie 2026


Ek word geroep om te getuig en nie te oortuig nie!
25 Januarie 2026
Uit met vormgodsdiens en dooie tradisie in met die waarheid!
18 Januarie 2026


Waar gaan jy op eindig?
Carla en Anthony baie baie geluk eerstens met Bradley se doop! Die lewe loop so vinnig. Voor jy jou oë uitvee begin die jongmense vir jou oom sê. Wel Markus 8:31-38 sê duidelik dat die lewe `n tipe voorbereiding is op DIE lewe hierna. Die groot vraag is waar gaan jy op eindig?
11 Januarie 2026
Is ons deel van ons kinders se oplossing of probleem?
Hoeveel keer het goeie intensies nie gelei tot `n dom besluit nie. Matteus 19:13-15 sien `n mens dit nogal raak by die dissipels. Maar Jesus sê: Moenie die kinders keer nie! Kinders is nie `n bysaak in die kerk nie, hulle is ons more... Dis tyd vir verandering!
4 Januarie 2026


`n Goeie voorneme vir 2026: Dien Jesus met alles, ALLES!
Ek praat vandag oor iets wat vir baie dwars in die krop steek. Ek dink dis omdat ons weet wat die waarheid agter dit is. Ons hart is nie waar dit moet wees nie. Maak nie saak watter lyn ek in jou lewe volg nie, ek moet soos Matteus 6:19-23 sê by Jesus uitkom. Selfs jou finansiële lyn, kan dit getuig van jou liefde vir Jesus?
28 Desember 2025